CELEBRATING 50 YEARS OF REAL ESTATE EXCELLENCE
Everything We Touch Turns To Sold
Aida National Franchises
Aida National Franchises
Aida National Franchises
Aida : Real Estate
E-mail: Password: | Register now | Why register?

PROPERTY SEARCH
SEARCH WITH CRITERIA




Price: to


Bathrooms :

Bedrooms :

Garages :
Animals allowedBar
Built-in BraaiPatio
PoolThatch roof

KEYWORD SEARCH





Property Search
Property Search NEWS Property Search

Property Search   Property Search
THURSDAY, 18 FEBRUARY 2010

Back

Duisende skenk bloed in Aida-veldtog

Duisende skenk bloed in Aida-veldtog



Die nasionale bloedskenkingsveldtog wat onlangs deur die Aida eiendomsgroep van stapel gestuur is, het reeds meer as 2500 waardevolle pinte gelewer – en nog duisende gaan na verwagting geskenk word.



“Ons het die veldtog laat verlede jaar geloods omdat daar in die feestyd altyd ‘n groot behoefte aan geskente bloed is,” sê Aida se uitvoerende hoof, Young Carr, “en ons gaan voort met die veldtog aangesien bykomende voorraad tydens die Sokkerwêreldbeker benodig word.”



Aida-kantore regdeur die land werk saam met die SA Nasionale Bloeddiens en maak gebruik van hulle kenmerkende rooi en wit korporatiewe kleure om die veldtog, “Is jou bloed rooi?”, ‘n hupstoot te gee en kliënte, sakegenote en lede van die publiek aan te spoor om gereeld bloed te skenk.



Meer as 50 kantore het reeds skenkings by plaaslike winkelsentrums, skole, kolleges en ander terreine, sowel as by hulle eie persele georganiseer, bevorder en bestuur en ‘n gemiddeld van 50 pinte by elke skenking ontvang.



Die plan maak ook voorsiening daarvoor dat elke Aida-kantoor ‘n bloedskenkingsentrum in hulle omgewing ondersteun of ‘n vennootskap sluit met ‘n mobiele skenkingseenheid sodat die veldtog landwyd gevoer kan word. Kantore maak ook gebruik van sms-netwerke om skenkers op die hoogte van datums en skenkingspersele te hou.



“Vir baie slagoffers van ongelukke en vir mense met ernstige siektetoestande is geskente bloed letterlik ‘n redding,” sê Carr, “en ons beskou die veldtog as ‘n manier om ‘n wesenlike verskil te maak in die gemeenskappe wat ons bedien.”



Voornemende skenkers kan SANBS se nasionale webtuiste www.sanbs.org.za besoek of die organisasie se inligtingslyn skakel om uit te vind waar en wanneer hulle bloed kan skenk.





Property Search
Property Search     Property Search
Property Search Property Search